Sorteer volgens datum: Februarie 2018

Donderdag, 22 Februarie 2018 17:41

Aswoensdag

Aswoensdag is die begin van die veertig dae Lydenstyd. Lydenstyd is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om nóg meer as gewoonlik die Bybel te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons voor vir Paasfees, wat die hoogtepunt van die kerklike jaar is.

PalmkruisDie gebruik met Aswoensdag is dat die palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag verbrand word, met olyfolie gemeng word en dan in die vorm van ‘n kruis op die voorkop of handpalms van lidmate gevorm word met die woorde “mens, dink daaraan dat jy stof is en tot stof sal terugkeer”. As is egter nie net ‘n teken van ons verganklikheid nie, maar ook van boetedoening (vgl. die gebruik om as op die kop te strooi as teken van berou). Daarom is die Aswoensdag-liturgie ‘n geleentheid vir boetedoening en verootmoediging met die oog op die lydenstyd wat voorlê. Soms het mense hul sondes op papiertjies geskryf en dit saam met die palmtakke verbrand.

Sommige gemeentes het die gebruik om die vorige jaar se palmkruisies wat Palmsondag uitgedeel is op Aswoensdag of Eerste Lydensondag te verbrand en dan die die as- olyfolie mengsel te gebruik on kruise op die voorkop of hand tydens die erediens te maak. Sommige doen dit so: Die voorganger teken met sy/haar duim ʼn askruis op elkeen se voorkop en sê die volgende woorde: “Aanvaar die versoening met God wat Christus bewerk het” (2 Kor 5:20). Gemeentelede antwoord met: “Ek aanvaar dit.”

Maak 'n uitstal tafel in die huis of in die kerk gereed. Die volgende items kan op die tafel geplaas word om die Aswoensdagboodskap tuis te bring: Houertjie met palmblare- kruisies. Botteltjie olyfolie. Hoertjie met as wat vooraf gemaak is.

As simbool van toewyding word jy ook aangemoedig om in hierdie tyd te vas deur jou te weerhou van ’n aangename voedselsoort of aktiwiteit wat ’n gemis in jou lewe sal veroorsaak. Dit is nie net om op te hou om iets te eet, of om iets spesiaals te doen nie. In die tyd wat ek Uitstaltafelhierdie vas beoefen, dink ek aan God se liefde en wat Hy bereid was om vir my te doen.

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik aardse agtergronde en prentjies van kruise om jou te herinner dat jou taak is om die te help om die pyn an swaarkry van die wêreld te help verlig. Jy kan ook tekse plaas wat jou en ander sal motiveer vir hierdie wonderlike taak.

Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Aswoensdag mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

Bronne:

1.    Handleiding vir die Erediens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk
2.    Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle van die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaapse Sinode van die NG Kerk
3.    Preekmateriaal en PowerPoints hier beskikbaar.

Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 14.02.2018. www.dominee.org.za.

Gepubliseer in Kerkjaar
Google+