| < Vorige |
|---|
BAIE WELKOM BYDOMINEE.CO.ZA -Goeie Nuus vir almal!
Liewe Dominee.
Het jy goeie Christelike boodskappe wat iewers in 'n boek, rak of rekenaar lê en stof vergaar in plaas daarvan dat dit mense se lewens verander? Voel jy dikwels dat dit hartseer is om só hard aan 'n boodskap te werk en dit dan net een keer te gebruik en of tot een gehoor te beperk? Dan is dit tyd om jou boodskappe weer af te stof en nuwe lewe te gee. Moenie dat jou insigte en omgang met God verlore laat gaan nie. Stel dit beskikbaar op Dominee.co.za en jou boodskap sal aanhou preek! Laat jou boodskap voortleef en steeds mense se lewens verander!
NS. Die afgelope tyd word Dominee.co.za naarstiglik op Saterdagaande (300+ besoekers) besoek. Ons kan net aflei dat dit predikers is op soek na goeie preekstof. Jóú boodskap en insigte kan iemand anders net die deurbraak gee wat nodig was vir 'n goeie en praktiese boodskap Sondagoggend. Komaan, die wêreld wag!
Gemeentelede kan ook help deur hul leraars aan te moedig om hul preke hier beskikbaar te stel of deur hul naam en kontakbesonderhede aan ons by "Kontak ons" te stuur sodat ons hulle kan uitnooi.