Lede Inteken
Terme en Voorwaardes
Soek Studies per Studiesoort
Soek Studies volgens Kerkjaar
Quo Vadis?
Saterdag, 17 Oktober 2009 19:45
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Dominee.co.za fokus daarop om jou 'internet-dominee' te wees:
vir Dominees
¤ Die geleentheid om hul eie omgang met die Woord van God met meer as net hul eie lidmate te deel.
¤ Die geleentheid om die produk van hul omgang met die Woord van God te toets onder 'n wye en uitgelese gemeenskap.
¤ Die geleentheid om ander Dominees se werk te be-oordeel en/of aan te vul.
¤ Kontak (gemeensaamheid) met dominees en lidmate van ander Christelike kerke as net jou eie.
¤ Behulpsaam te wees met pastorale forums en die bediening van gebede.
¤ Deelname aan die forums en blogs vir 'n weier perspektief.
vir lidmate van die Christelike kerk
¤ Verskeidenheid "getoetsde" boodskappe om te gebruik tydens persoonlike stiltetyd of selfs in kleingroepe of eredienste.
¤ Beperkte pastorale hulp.
¤ Gebedshulp.
¤ Kontak (gemeensaamheid) met ander Christelike kerke en gemeentes.
¤ Deelname aan die forums en blogs vir 'n weier perspektief.
Hoe gaan ons doel bereik word?
Dominee.co.za het die spreekwoordelike nuwe wynsak gekry en nou moet hy gevul word met nuwe wyn.
Dominees veral, word nou opgeroep om hulle preke te kom oplaai en beskikbaar te stel. Gee vir ons nuwe stof en nuwe idees sodat die Christelike gemeenskap geestelik gevoed kan word om oor te gaan tot 'n lewe van gehoorsaamheid en liefde aan God. Lidmate kan ook help deur hul dominees aan te moedig om hul preke op Dominee.co.za beskikbaar te stel en hul sê hier te kom sê.
Dominees kan hulself ook beskibaar stel om te help met die bediening van gebede en pastorale hulp. Mettertyd sal meer Blogs opgestel word sadat daar aan die groeiende behoeftes voldoen sal word.
Laastens het ons almal se insette nodig om 'n sukses van hierdie webwerf te maak.
The comment section is restricted to members only.