Gebruikernaam
Wagwoord
Onthou my
2Timoteus 2:1-2:7
Vraag: Wat is die groot opdrag wat die Here Jesus aan sy dissipels gegee het met sy hemelvaart? Mat.28:18-20 18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
2Timoteus 3:14-3:17
Wat dink julle van die volgende stelling? Ek sukkel met my stiltetyd. Dis so moeilik om op te staan en Bybel te lees… Ek sukkel ook met ander dinge in my lewe, soos ooreet, woedebuie en pornografie. Ek bid vir selfdissipline – maar dit wil nie werk nie!
Galasiërs 6:1-6:10
Ons word die afgelope weke baie bewus gemaak van die morele en sedelike verval van die mens wanneer ons hoor van hoe VIGS letterlik duisende afmaai en verkragtings van veral kinders is voortdurend op die nuus. Ons kan makilk oordeel dat dit nie iets met ons te doen het nie – ons is mos kerkmense en ons kom die wette van God na. Ons is kerkmense en is darem in die kerk vanmôre – nie in die bed en winkels soos baie ander nie… ...En as ons eerlik wil wees... ontdek ons dat al ons kerkgebruike en godsdienstige gewoontes nie eintlik ‘n verkil aan die wêreld om ons maak nie. Ons kerk het ‘n tyd lank aan die hele land voorgeskryf hoe om te lewe en reëls en regulasies gehad om die sosiale orde te reël en te regverdig maar toe dié voorgeskrewe wette weggeneem word en die mens vetrou word om nou met sy eie gewete saam te leef, toe sien ons mense sonder ‘n begeerte om ddie wil van God te doen – sien ons mense wat net hulself en hul eie plesier en eie behoud in die oog het…
Matteus 6:1-6:34
“Ek sou kon doen met ‘n miljoen.. of twee of drie of tien...” Ja, dis nie net Lukas Maree wat so voel nie. Ek dink elkeen hier sou daarmee kon doen.
Designed by eKaya WEB Services.