Gebruikernaam
Wagwoord
Onthou my
2Timoteus 2:1-2:7
Vraag: Wat is die groot opdrag wat die Here Jesus aan sy dissipels gegee het met sy hemelvaart? Mat.28:18-20 18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
2Timoteus 3:14-3:17
Wat dink julle van die volgende stelling? Ek sukkel met my stiltetyd. Dis so moeilik om op te staan en Bybel te lees… Ek sukkel ook met ander dinge in my lewe, soos ooreet, woedebuie en pornografie. Ek bid vir selfdissipline – maar dit wil nie werk nie!
Galasiërs 6:1-6:10
Ons word die afgelope weke baie bewus gemaak van die morele en sedelike verval van die mens wanneer ons hoor van hoe VIGS letterlik duisende afmaai en verkragtings van veral kinders is voortdurend op die nuus. Ons kan makilk oordeel dat dit nie iets met ons te doen het nie – ons is mos kerkmense en ons kom die wette van God na. Ons is kerkmense en is darem in die kerk vanmôre – nie in die bed en winkels soos baie ander nie… ...En as ons eerlik wil wees... ontdek ons dat al ons kerkgebruike en godsdienstige gewoontes nie eintlik ‘n verkil aan die wêreld om ons maak nie. Ons kerk het ‘n tyd lank aan die hele land voorgeskryf hoe om te lewe en reëls en regulasies gehad om die sosiale orde te reël en te regverdig maar toe dié voorgeskrewe wette weggeneem word en die mens vetrou word om nou met sy eie gewete saam te leef, toe sien ons mense sonder ‘n begeerte om ddie wil van God te doen – sien ons mense wat net hulself en hul eie plesier en eie behoud in die oog het…
Jeremia 12:1-12:11
Jeremia tree op 100 jaar na Jesaja. Gebore uit ‘n priesterlike gesin in Anatot en in 627 v.C. geroep as profeet van God. 40 jaar lank tydens die regerings van Juda se laaste vyf konings waarsku Jeremia hulle teen die komende rampspoed en doen hy ‘n beroep op die volk om hulle te bekeer. Na die dood van die godvresende koning Josia in 609 v.C. vererger die politieke toestande en Juda is vasgevang tussen die twee strydende wêreldmoonthede: Babilon in die noorde en in die suide Egipte. Jeremia probeer tevergeefs die koning oorhaal om hom by Babilon te skaar. Nebukadneser (Babilon) oorwin Egipte en in 587 val hy Jerusalem binne en verwoes die tempel en stad en voer die volk weg in ballingskap.
Matteus 6:1-6:34
“Ek sou kon doen met ‘n miljoen.. of twee of drie of tien...” Ja, dis nie net Lukas Maree wat so voel nie. Ek dink elkeen hier sou daarmee kon doen.
Matteus 18:21-18:35
Paassondag gaan oor nuut en vars lewe. Jesus het deur sy oorwinning oor die dood vir ons ‘n nuwe lewe – die ewige lewe – moontlik gemaak. Ek’t gewonder hoekom ons (Christene) nie nuut lewe nie? Hoekom is die lewe dikwels so afgesaag en treurig vir ons? Hoekom is dit nie altyd lekker om Christen te wees en om vir die kerk te werk nie? “Nuut” behoort tog te beteken dat daar varsheid en aksie teenwoordig moet wees! Die Nuwe Testament veral, is vol daarvan dat Christene nuut of selfs anders moet leef – dat ons ‘n verskil in die wêreld sal maak...
Genesis 39:1-39:23
Soms verstaan ons nie die pad wat die Here met ons loop nie. Dis soms ook so moeilik om te verstaan hoekom sekere dinge met ‘n mens gebeur.In sulke tye voel ons dat God so ver van ons is en dan kan ons so maklik na mense gaan om ons te help met ons probleme. Josef het niemand gehad nie, behalwe God toe hy in allerlei moeilike omstandighede val. Hy was die jongste seun en sy broers het nie baie van hom gehou nie omdat hulle gevoel het hulle pa trek hom voor. Op ‘n dag het hulle hom aan Midianitiese handelaars verkoop en dié het hom weer in Egipte aan Potifar, ‘n amptenaar van die farao, verkoop. Potifar het hom later in beheer van sy huishouding gestel.Maar sy vrou het egter ander planne gehad en Josef probeer verlei.Toe hy weier, het sy hom vals beskuldig en hy is in die tronk gegooi. Maar, vertel die Bybel vir ons, ook in die tronk was die Here by Josef. Ons lees in die verhaal van vier dinge wat gebeur as God by ons is veral in tye van nood. 1. Jy sal God se seёn ervaar 2. Jy sal versoek word 3. Jy sal die regte dinge doen 4. Jy sal God se liefde ervaar
Designed by eKaya WEB Services.