|
Jan 01
2010
|
2010, die tweede dekade van die nuwe millennium het aangebreek!
Voel soos gister toe baie in angs gesit en wag het dat die wêreld (ten minste die internet-wêreld) tot 'n einde sal kom as die jaar 2000 aanbreek... Voel nog soos gister toe Suid-Afrika in angs gewag het op 'n nuwe politieke bedeling wat reg en geregtigheid vir meer van sy inwoners moes meebring maar waar die prosesse en die bedoelings van leiers nie vertrou is nie... Voel nog soos gister toe 'n reuse Tsunami duisende mense se lewens oor 'n kersseisoen geneem en ontwrig het...
Verandering gaan met angs(tigheid) gepaard. Vreemd hoe sagkens die tweede dekade aangebreek het! Vreemd hoe gewoond ons raak aan oorloë en onreg in die wêreld. Vreemd hoe baie politieke leiers deur die populus toegelaat en ondersteun word om onreg teen juis húlle te pleeg. Vreemd hoe gelate die onlangse mislukte wêreld-debat oor die redding van ons planeet en die vermindering van aardverwarmingsgasse deur die wêreld aanvaar is.
Soveel lewensingrypende dinge gebeur vandag maar dit raak ons nie meer nie. Is dit omdat ons nie meer uitsig en hoop het nie? Is die internetduiwel (die Bees, nr. 666) se 'magte' besweer/aanvaar? Het te veel van ons leiers ons al teleurgestel? Is ons planeet al soveel beskadig dat daar geen omdraai meer is nie? Is dit omdat reg en geregtigheid soveel selfopoffering verg dat ons dit maar daar laat?
Waarom kan ons net nie vorentoe beweeg en vrede en geregtigheid bereik in hierdie moderne wêreld nie?
Wat is jou kommentaar?
(Lees hier hoe om kommentaar te lewer)
|
Okt 22
2009
|
Godsdiens in skole of Diens aan God in skole?Posted by dirk in Die Wêreld |
Ontvang vandag 'n epos oor 'n beweging met die naam van Die Afrikaanse Vrydenkersbeweging (AVB) wat 'n hofsaak teen skole wil maak wat "wederregtelik" godsdiens in klastyd beoefen. Volgens die epos is daar in reaksie op die beweging se planne 'n Tweede Wêreldbiddag vir God in Skole vandag, 22 Oktober 2010, om 19:00 - 19:10 gehou. Hierdie biddag is bepleit deur 'n Oos-Kaapse tiener wat per internet, facebook ens. duisende Christene opgeroep het om te bid vir hierdie ernstige saak. Self was ek nou twee jaar by 'n plaaslike interkerklike aksie genaamd "ReachNet" betrokke waar daar twee keer 'n maand in twee groot hoërskole godsdiensperiodes in klasverband aangebied is. 'n Prysenswaardige poging sou baie sê en só het ek ook gedink. My ervaring egter was dat die minderheid tieners belang gestel het in die Reachwerkers (ongeveer 50 predikante en jeugwerkers) se praatjies (die praatjies is vooraf opgestel deur 'n verteenwoordigende groep en aan die Reachwerkers beskikbaar gestel.)
|
Okt 17
2009
|
Die een vraag waaroor ek aanmekaar wonder is dié oor Roeping. Einde standerd nege die Roeping ontvang om predikant van die kerk te word. Die swaarkry van 'n gebrek aan finansies en die teleurstellings dat my motivering alleen my net nie deur Grieks en Hebreeus wil help nie, het my net meer aan my Roeping laat vasklou! Na 'n marathonstryd eindelik gelegetimeer en gereed vir Nasionale Diensplig. Na twee jaar beroepbaar, maar daar was "te veel" proponente! Bly toe maar aan as Kapelaan. Agt jaar later darem ook 'n tentmakerspos (jeugwerk) gekry net om dít en die Kapelaanspos na net drie jaar te verloor vanweë die veranderinge in die 'Nuwe SANW'. Die sekulêre wêreld word my laaste uitweg.