Kleure
Op Goeie Vrydag en Stilsaterdag word geen kleure of enige versierings gebruik nie. Dit staan in kontras met die baldadigheid van die versierings en kleure wat gebruik word op Paassondag en die tyd daarna.
Die kanselkleed kan wel met 'n swart doek vervang word. Kerse word nie aangesteek nie en geen blomme/ruikers in die kerkruimte nie.
Teks
Die gebeure op Goeie Vrydag is opgeteken in Matteus 27:32-61, Markus 15:21-32, Lukas 23:26-43 en Johannes 19:17-27.
Die gebeure op Grafsaterdag / Stilsaterdag / Swartsaterdag is opgeteken in Matteus 27:62-66, Markus 16:1, Lukas 23:56 en Johannes 19:40.
Jesus se liggaam het in die graf gelê vir die hele Saterdag (Sabbat) onder die bewaking van die Romeinse soldate. Teen 18:00 toe die Sabbat tot einde kom is Jesus se liggaam serimonieël behandel en voorberei vir die begrafnis met speserye wat deur Nikodemus gekoop is.
Simbole
'n Swart doek/kleed.
'n Kruis met 'n doringkroon. Stukkie brood en leë wynglas.
'n Kruis met die sewe kruiswoorde daarop vasgespyker.
Gebruike
Hang 'n swart doek op 'n prominente plek in jou huis/werkplek of oor iets wat gewoonlik baie kosbaar is vir jou.Wees gereed om aan mense te verduidelik waarom jy dit doen en wat dit vir jou beteken.
Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik 'n swart agtergrond en plaas 'n gedagte of teksvers wat Goeie Vrydag vir jou vasvat.
Gebruik die dae om te vas en te bid en om jou eie lewe voor God te bring.
Wat beteken dit om saam met Christus te sterf?
Hoe verander dit die manier waarop ek elke dag lewe?
Doen iets prakties om iemand te help of te ondersteun wat swaarkry, as uitdrukking van die werklikheid dat Christus saam met ons as mense ly.
Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Goeie Vrydag en Stilsaterdag mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek
Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 14.02.2018. www.dominee.org.za.