Voorblad
Saterdag, 28 November 2015 10:54

Advent en Kersfees

Geskryf deur 
Beoordeel die item
(0 Stemme)

AdventKersfees

Advent is ’n tydperk van 21-28 dae voor Kersfees waartydens gelowiges hulle instel op en voorberei vir die viering van Kersfees. Die woord “advent” is afgelei van die Latynse woord adventus (wat “aankoms” beteken) en verwys na die koms van Christus. Tydens Advent fokus ons op die twee “komste” van Christus: sy eerste koms as mens deur geboorte en sy tweede koms in “heerlikheid op die wolke”. Hierdie twee fokuspunte word saamgesnoer in die gedagte dat God die wêreld so lief het.

 

 

Tradisioneel het elke Sondag in Adventstyd ’n bepaalde aksent:
   Die eerste Sondag lê klem op die hoopvolle verwagting van die verskyning van God te midde van menslike nood.
   Die tweede Sondag lê klem op die messiaanse vrede: Advent is die sinjaal van die sjalom wat inbreek in ’n wêreld vol rusie. 
   Die derde Sondag van oorstelpende vreugde begroet die sinjaal van die vorige Sondag.

   Die vierde Sondag beklemtoon dat die liefde van Christus in die hele wêreld verkondig moet word en daarin gestalte moet kry.
   Kersfees is die fees waarin al vier die vorige aksente uitmond.
   Die Sondag na Kersfees is ’n oproep tot dissipelskap, ’n uitnodiging om op weg te gaan met die lewende Here in ’n wêreld waar duistere magte skuil.

 

Kleure

Adventsondae: koningsblou en pers

Kersfees: wit, geel en goud
 
Simbole
Adventskrans met vyf kerse: drie donkerblou, een rooskleurig en ’n langer wit kers.  Die rooskleurige kers word op derde Advent aangesteek en simboliseer Jesus se stamboom (Isaiboom Jes 11:1). Die hoofkers (wit) word op Kersfees aangesteek.

 

Gebruike
In advent is musiek en sang baie belangrik. Kersliedere- en musiek word oral oor gehoor. Kerssangdienste is die laaste sosiale geleentheid by baie kerke. Speel dit sommer ook by jou huis - dit herinner ons aan Jesus se menswording!

Op Kersdag kan die adventskrans gebruik word om die boodskap van Jesus se geboorte en koms te verduidelik of selfs net daaroor te mediteer.

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik 'n koningsblou agtergrond tydens advent en op kersdag wit of goud en plaas 'n gedagte of teksvers wat die advent of kersfees vir jou vasvat.

 

Die Kersboom kan gebruik word om terug te wys na die boom van die lewe in die tuin van Eden. Die boom herinner ons aan die skepping en ook dat Jesus weer kom om die skepping te verlos (Rom.8:19-20). As die kerstyd verby is kan die boom gestroop word van blare en takke en die stam kan gebêre word vir die Lydenstyd se kruis.

 

Kerskalenders is ook baie gewild in hierdie tyd en kinders tel die dae in afwagting af tot Kersfees.Adventskrans

Maak 'n uitstaltafel wat dien as herinnering en te verduidelik wat elke item/simbool beteken. Die volgende items kan stelselmatig soos wat Advent verloop op die tafel uitgestal word:


   'n Donker blou/pers tafellap. Wit of goud vir Kersdag.
   'n Aardbol, adventskrans en kerse. Krismisrose. Bybel, oop by die gegewe teks vir die tyd. Adventskalender. Kersboom. 'n Voorstelling van die kerstoneel met figuurtjies.

 

Bid in hierdie tyd vir nasies vir wie Advent en Kersfees geen betekenis het nie. Bid vir vreugde en vrede wat alle verstand tebowe sal gaan.
 
Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Adventstyd mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

Bronne:

1.    Welkom dis Kersfees – Riglyne vir dienswerkspanne, kleingroepe en gesinne. NGK Witrivier 1998. Witrivier Drukkers.
2.    Preekstudies met liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Buvton/Communitas.
3.    Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.co.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 28.11.2015. www.dominee.org.za.

Lees 2024 keer Datum verander Woensdag, 29 November 2017 10:55
Webmeester

Webmeester: Dirk C Lourens (vdm)

Webtuiste: www.eKaya.co.za
Meer in die kategorie: « Epifanie
BAIE WELKOM BY DIE NUWE DOMINEE.ORG.ZA - Die Woord vir almal! Liewe Bedienaar / Luisteraar van Die Woord. Het jy goeie Christelike boodskappe wat iewers in 'n boek, rak of rekenaar lê en stof vergaar in plaas daarvan dat dit mense se lewens verander? Voel jy dikwels dat dit hartseer...
Die Epifanie-fees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie of soms ook gewone tyd genoem. Die Epifaniesiklus behels die viering van Epifaniefees en die volgende Sondae tot op Sondag van Verheerliking. Met Sondag van Verheerliking word Jesus se verheerliking op die berg herdenk. Verheerlikingsondag lei...

Kalender

« Desember 2017 »
Ma di wo do Vry za zo
        1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30 31

Top Blogs

Dirk C Lourens
28 November 2015
Kerk en Wêreld
Die eeue oue probleem van selfde-geslagverhoudinge is sterk onder die vergrootglas en word tans debatteer in baie kerke. Sommige is in angs daaroor - ander wil dit in jou keel afdruk - ander druk hul ...
Rate this blog entry:

Registreer of teken in om te publiseer en/of kommentaar te lewer en nuus te ontvang

Of teken in met:

Nog nie 'n lid nie? Registreer

Soekfunksie

Oorweeg asb 'n donasie vir die instandhouding en ontwikkeling van Dominee.org.za

Kalender

Nuutste Gesprekke

No discussions yet.

Facebook @Dominee.co.za

Twitter @DomineeDs

Couldn't resolve host 'api.twitter.com'

Google+