Voorblad
Boodskap Kategorië - Dominee.org.za - Die Woord vir Almal!
Saterdag, 21 Mei 2016 09:29

Drie-eenheidsondag

KoninkrykstydDrie-eenheidsondag word sedert die tiende eeu gevier. Dit vind plaas op die eerste Sondag na Pinkster en die eerste Sondag van Koninkrykstyd. 


Nadat daar vir die eerste gedeelte van die kerkjaar (vanaf Advent tot Hemelvaart) op die betekenis van die lewe en werk van Christus gefokus is en tydens Pinkster op die werk van die Heilige Gees, word daar op hierdie Sondag gefokus op die Drie-eenheid – om daarmee te beklemtoon dat die groot heilsdade die werk van een God is.

Kleure
Drie-eenheidsondag se liturgiese kleur is wit en goud.

Simbole
Die kruis in die boot van Koninkrykstyd. 
triquetaAnder drie-eenheidsimbole is die triquetra of Drie-eenheids knoop, die fleur de lis of ’n klawerblaar.

Gebruike
Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik wit as agtergrond en plaas 'n gedagte of teksvers wat pas by die spesifieke Sondag se tema, bv. Spreuke 8; Psalm 8; Romeine 5:1-5.

Die vraag waarmee Christene hulle in Koninkrykstyd besig hou is: Hoe en waar kan ek die Koninkryk van God die beste dien?

Bid vandag dat die vrysparaak wat gelowiges in Christus gekry het 'n werrklikheid sal word in gesondhede soos genade, vrede, hoop en volharding.

KlawerUitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Koninkrykstyd mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

 

Bronne:
1.    Preekstudies met liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Buvton/Communitas.
2.    Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.
3.    Triquetra simbool: http://symboldictionary.net/?p=159
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 21.05.2016. www.dominee.org.za.

Gepubliseer in Kerkjaar
BAIE WELKOM BY DIE NUWE DOMINEE.ORG.ZA - Die Woord vir almal! Liewe Bedienaar / Luisteraar van Die Woord. Het jy goeie Christelike boodskappe wat iewers in 'n boek, rak of rekenaar lê en stof vergaar in plaas daarvan dat dit mense se lewens verander? Voel jy dikwels dat dit hartseer...
Paasfees is die hoogtepunt van die kerkjaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Dit is byna asof gelowiges die oorwinning op Paasfees nie genoeg kan vier nie, en daarom strek die viering van die opstanding oor vyftig dae!Paasfees word jaarliks op die eerste Sondag na...
Die dissipels was aan die treur oor Jesus se weggaan maar Pinkster het nuwe vreugde en ywer voortgebring omdat hulle nou besef het Jesus leef en dat die werk van God voortgaan met die Gees in hulle. Die een dag nog verslae en die volgende borrel die Evangelie uit hul...
Die tydperk na Pinkster – tot en met Advent – staan algemeen in die kerkjaar as gewone- of Koninkrykstyd bekend. Dit begin met Drie-eenheidsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning, net voor die adventseisoen en dus die volgende kerkjaar. Daar is geen besondere feeste (soos byvoorbeeld Advent,...
Drie-eenheidsondag word sedert die tiende eeu gevier. Dit vind plaas op die eerste Sondag na Pinkster en die eerste Sondag van Koninkrykstyd. Nadat daar vir die eerste gedeelte van die kerkjaar (vanaf Advent tot Hemelvaart) op die betekenis van die lewe en werk van Christus gefokus is en tydens Pinkster...

Kalender

« Mei 2018 »
Ma di wo do Vry za zo
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31      

Registreer of teken in om te publiseer en/of kommentaar te lewer en nuus te ontvang

Of teken in met:

Nog nie 'n lid nie? Registreer

Soekfunksie

Oorweeg asb 'n donasie vir die instandhouding en ontwikkeling van Dominee.org.za

Facebook @Dominee.org.za

Google+