Bybelstudie
Woensdag, 30 Desember 2015 14:49

Epifanie

Geskryf deur 
Beoordeel die item
(0 Stemme)

EpifanieDie Epifanie-fees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie of soms ook gewone tyd genoem. Die Epifaniesiklus behels die viering van Epifaniefees en die volgende Sondae tot op Sondag van Verheerliking. Met Sondag van Verheerliking word Jesus se verheerliking op die berg herdenk.

  

Verheerlikingsondag lei die geboorte in wat sou lei tot Jesus se kruisdood en opstanding.  Die tyd na Epifanie loop deur tot en met As-Woensdag wat Lydenstyd inlei. Hierdie siklus word gewy aan die bestudering en viering van die Een wat onder ons kom woon het.

 

 

Die woord Epifanie dui op die verskyning of manifestasie van God in die wêreld. Die woord het sy betekenis in ‘n ou Oosters-kerklike fees waartydens die geboorte en doop van Jesus gevier is. In werklikheid is Kersfees en Epifanie nie twee afsonderlike feeste nie, maar die feit dat Kersfees ‘n Westerse, en Epifanie ‘n Oosterse oorsprong het, het gemaak dat twee afsonderlike tradisies rondom Kersfees en Epifanie ontwikkel het.

 

In wese het Kersfees en Epifanie ten nouste met mekaar te make, en daarom word die Kers- en Epifanietyd as aaneenlopend beskou van 25 Desember (die Westerse datum vir Kersfees) tot ná 6 Januarie (die datum vir Epifanie). Epifanie is waarskynlik die oudste van die twee feeste, maar is (soos Kersfees) eers sedert die vierde eeu werklik gevier.

 

Epifanie word tematies ten nouste verbind met veral die doop van Jesus, maar ook die bruilof by Kana. In die geheel word daar in die tyd ná Epifanie (tot die begin van Lydenstyd) gekonsentreer op Jesus se lewe hier op aarde tot Hy die lydenspad begin loop het.

 

Kleure
Die dominante kleur van Epifanie is groen soos in Koninkrykstyd. Op die dag van Epifanie, 6 Januarie, word groen vir die eerste keer in die kerkjaar gebruik. Daarna bly dit groen met die uitsondering van die Sondae waarop die doop en die verheerliking van Christus gevier word, dan is die kleur wit.

 

Simbole
Die ster van Betlehem is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die ster as simbool van Lig in die duisternis is 'n simbool van hoop.

 

Gebruike
In die eerste plek is dit ‘n tyd waarin die Bybel met erns bestudeer moet word. Die klem val veral op die gedeeltes oor Christus se verskynings voor sy Lydensweg. Ons word in hierdie tyd herinner daaraan dat Christus waarlik mens was.

 

Die beklemtoning van Christus se doop kan herdenk word met ‘n herinnering aan ons eie doop.

 

Dit is belangrik om Verheerlikingsondag te vier nie net as ‘n afsluiting van die tyd na Epifanie nie, maar as ‘n inleiding tot die Lydenstyd. So word ons almal reeds voor die Lydenstyd daaraan herinner dat die Lydenstyd uitloop op die heerlikheid van die opstanding.

 

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik groen agtergronde, prentjies van sterre en doop fotos om jou te herinner dat Christus waarlik mens was. Jy kan ook tekse plaas wat jou en ander sal motiveer om Jesus se voorbeeld te volg.

 

Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Epifnie mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

 

Bronne:
1.    Preekstudies met liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Buvton/Communitas.
2.    Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 30.12.2015. www.dominee.org.za.

Lees 1763 keer Datum verander Woensdag, 29 November 2017 10:56
Webmeester

Webmeester: Dirk C Lourens (vdm)

Webtuiste: www.eKaya.co.za

Kalender

« Desember 2017 »
Ma di wo do Vry za zo
        1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30 31

Top Blogs

Dirk C Lourens
28 November 2015
Kerk en Wêreld
Die eeue oue probleem van selfde-geslagverhoudinge is sterk onder die vergrootglas en word tans debatteer in baie kerke. Sommige is in angs daaroor - ander wil dit in jou keel afdruk - ander druk hul ...
Rate this blog entry:

Nuutste Gesprekke

No discussions yet.
Google+