Jeugwerk
Beoordeel die item
(0 Stemme)

WORSTEL MET GOD - Madder Steyn
Publiself Uitgewers: 012 998 5600

Prys: R60.00
(Posgeld R15/boek)

Formaat: Sagteband

Bladsye: 97

Bestel by die outeur:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
012 3456 456 of 083 779 2122 

Worstel met God: Madder Steyn


Opsomming: Daar kom tye wanneer selfs ‘n gelowige kwaad word vir God, of teleurgestel word in sy optrede of sy gebrek aan optrede.  Die bidder, wat onder sulke omstandighede dikwels ook kwaad en teleurgestel word in hom/haarself, deurworstel op ‘n eerlike wyse in hierdie boek sekere sake met die Here.

Ongewone en ‘n paar gewone gebedsonderwerpe word aangespreek. Daar is gebede wat rou en eg uit die hart skeur, bv. dié van ‘n verkragte, na die selfmoord van ‘n lewensmaat, vir ‘n terminale geliefde wat nie wil sterf nie, oor ontrou, woede, die eie sterfbed, ens ens. Hier staan die bidder naak voor God.

Madder Steyn het deur die loop van 50 jaar saam met studente, gewone lidmate, senior burgers en eensames al h/d gebede deurworstel. Dit is hulle wroeging wat hy in gebede verwoord. Hierdie is katarsis wat na aan die been sny, dis suiwering.  Jy sal as skoner, sterker mens van jou knieë af opstaan.

Meer in die kategorie: « GENADEJARE - Madder Steyn

Kalender

« Julie 2018 »
Ma di wo do Vry za zo
            1
2 3 4 5 6 7 8
9 10 11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21 22
23 24 25 26 27 28 29
30 31          
Google+