Kleingroepstudie

Sorteer volgens datum: November 2015

Saterdag, 28 November 2015 15:57

Koninkrykstyd

KoninkrykstydDie tydperk na Pinkster – tot en met Advent – staan algemeen in die kerkjaar as gewone- of Koninkrykstyd bekend. Dit begin met Drie-eenheidsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning, net voor die adventseisoen en dus die volgende kerkjaar. Daar is geen besondere feeste (soos byvoorbeeld Advent, Kersfees, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster) gedurende hierdie tyd op die kerklike kalender nie.

 

In die Suidelike Halfrond val Koninkrykstyd in die herfs en veral in die winter waartydens ons die groen van die natuur sien verdwyn. Ons beleef dus in Suider-Afrika, anders as in die Noordelike Halfrond, in hierdie seisoen van die kerkjaar die tekens van afsterwe en doodsheid. Reeds in Paastyd en Pinkster word ons egter uitgedaag om die krag van die opstanding te midde van hierdie sigbare tekens van doodsheid te verkondig, te bely en uit te leef.

 

Gepubliseer in Kerkjaar
Saterdag, 28 November 2015 10:54

Advent en Kersfees

AdventKersfees

Advent is ’n tydperk van 21-28 dae voor Kersfees waartydens gelowiges hulle instel op en voorberei vir die viering van Kersfees. Die woord “advent” is afgelei van die Latynse woord adventus (wat “aankoms” beteken) en verwys na die koms van Christus. Tydens Advent fokus ons op die twee “komste” van Christus: sy eerste koms as mens deur geboorte en sy tweede koms in “heerlikheid op die wolke”. Hierdie twee fokuspunte word saamgesnoer in die gedagte dat God die wêreld so lief het.

 

Gepubliseer in Kerkjaar
Google+