Preek
Wys items op etiket: lyding - Dominee.org.za - Die Woord vir Almal!
Woensdag, 01 April 2015 19:29

Lydenstyd

LydenstydDie Christelike kerkjaar is gebou rondom die groot Christelike feeste. Dit begin by Advent met Kersdag as fokus. Epifanie begin 6 Januarie en eindig met die Sondag van Verheerliking. Die volgende groot fees is Paasfees maar dit word voorafgegaan deur die 40 dae van Lydenstyd. Lydenstyd word ingelei deur Aswoensdag en sluit af in die Heilige week net voor Goeie Vrydag. Vanaf Opstandingsondag volg Paastyd. Hemelvaartdag lei die Pinkstertyd in. 

Lydenstyd is 'n seisoen van 40 dae waarin ons as Christene met vreugde, erns en pyn terugdink aan Jesus wat namens ons die lyding en straf  vir sonde op Hom geneem het en in ons plek daarvoor gesterf het. Ons moet daarop reageer en daarom berei ons voor vir Paasfees en 'n Opstandingslewe.

 

Kleure
Donker aardse kleure soos bruin, grys, rooi en pers. Die laaste Sondag tot voor Goeie vrydag gebruik ons diep helder rooi om die bloed van Jesus te simboliseer. Op Goeie Vrydag en Grafsaterdag word geen kleur (swart) of versierings gebruik nie.

Simbole
Die kruis dien as hoof simbool. Ander simbole soos 'n doringkroon, spykers kan ook gebruik word.

Gebruike
Lydenstyd is 'n tyd van hertoewyding en dissipelskap. Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu begin om as voorbereiding vir Paasfees 'n vas tydperk van 40 dae in te stel. Die vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd per dag sonder vleis geëet word. Hierdie tyd kan met 'n bietjie verbeelding met groot vrug in ons huise gebruik word, bv. deur te vas van 'n gewoonte of lekker eetding, soos die lees van tydskrif, die kyk van TV, geen gebruik van suiker, ens.

Die Jode het die Pasga gebruik om hul huise van hoek tot kant skoon te maak. Die Pasga is gedurende Israel se lente (daarom "Springcleaning"). Die skoonmaak was veral om seker te maak dat daar geen gis in die huis is nie. Volgens bepalings van die Pasga moes daar geen suurdeeg vir die duur van Pasga in enige huis wees nie. In 1Kor.5:7-8 is daar 'n vergelyking tussen gis en sonde. Dit sal goed wees as ons in hierdie tyd "springcleaning" in en om ons huise en gewoontes doen en dit wat die Here nie verheerlik nie te verwyder en weg te gooi.

Kleingroepe kan "vuil " areas in die omgewing takel en skoon maak. Dink ook aan hulp by ouetehuise, ens.

Aangesien daar so baie onbekeerde mense en volke is kan die tyd gebruik word om weekliks op 'n groep te konsentreer, inligting bekend te stel en vir hulle te bid.

Gee/vra geleentheid by eredienste vir getuienisse oor projekte en uitreike.

Net soos tydens Advent kan 'n uitstal tafel in die huis of in die kerk opgestel word. Die volgende items kan weekliks op die tafel geplaas word om die lydensboodskap tuis te bring: 'n Houtkruis, hamer en sewe groot spykers, doringkroon, sweep, stok met spons, flessie asyn, groot Bybel, aardbol, sewe rooi blomme, groot wit kers, ens.

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik aardse agtergronde en prentjies van kruise om jou te herinner dat jou taak is om die te help om die pyn an swaarkry van die wêreld te help verlig. Jy kan ook tekse plaas wat jou en ander sal motiveer vir hierdie wonderlike taak.

Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Lydenstyd mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

Bronne:

1.    Lydenstyd – Riglyne vir selgroepe en gesinne. NGK Witrivier 1998.
2.    Preekstudies met liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Buvton/Communitas.
3.    Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 29.03.2014. www.dominee.org.za.

Gepubliseer in Kerkjaar

Kalender

« Februarie 2018 »
Ma di wo do Vry za zo
      1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28        

Top Blogs

Dirk C Lourens
28 November 2015
Kerk en Wêreld
Die eeue oue probleem van selfde-geslagverhoudinge is sterk onder die vergrootglas en word tans debatteer in baie kerke. Sommige is in angs daaroor - ander wil dit in jou keel afdruk - ander druk hul ...
Rate this blog entry:

Nuutste Gesprekke

No discussions yet.
Google+