GENADEJARE - Madder Steyn |
|
Publiself Uitgewers: 012 998 5600 | |
Prys: R100.00 (Posgeld R15/boek) Formaat: Sagteband Bladsye: 367 Bestel by die outeur: |
|
Opsomming: Madder Steyn – jy ken hom waarskynlik. Sy voetspore het nie net hierdie subkontinent en Europa deurkruis nie, maar deur duisende gemeentelede- en studenteharte gegaan. As jong, intellektuele seun is hy geroep om 'n man van God te wees, en hierdie pad het hy met gesag, maar met liefde en menslike deernis geloop. "Genadejare", sy biografie, maak sy lewe voor die leser oop: 'n mens onder die Groot Genade. Daar is geen eie beuel blasery nie, inteendeel. Dis juis sy gewone mens wees tussen mense wat die meeste tref. Hier is ‘n taalkunstenaar wat met woorde skilder. In die boek kom jy in persoonlike kontak met bekendes uit die laaste helfte v/d vorige eeu. |