Sondagskool
Saterdag, 28 November 2015 15:57

Koninkrykstyd

Geskryf deur 
Beoordeel die item
(0 Stemme)

KoninkrykstydDie tydperk na Pinkster – tot en met Advent – staan algemeen in die kerkjaar as gewone- of Koninkrykstyd bekend. Dit begin met Drie-eenheidsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning, net voor die adventseisoen en dus die volgende kerkjaar. Daar is geen besondere feeste (soos byvoorbeeld Advent, Kersfees, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster) gedurende hierdie tyd op die kerklike kalender nie.

 

In die Suidelike Halfrond val Koninkrykstyd in die herfs en veral in die winter waartydens ons die groen van die natuur sien verdwyn. Ons beleef dus in Suider-Afrika, anders as in die Noordelike Halfrond, in hierdie seisoen van die kerkjaar die tekens van afsterwe en doodsheid. Reeds in Paastyd en Pinkster word ons egter uitgedaag om die krag van die opstanding te midde van hierdie sigbare tekens van doodsheid te verkondig, te bely en uit te leef.

 

Dit gaan oor die heerskappy van die Drie-enige God (Skepper, Verlosser en Trooster) wat gevestig moet word in elke faset van die lewe. Ons word herinner aan die roeping om die gawes wat ons tydens die feeste ontvang het, in die lewe van elke dag uit te leef. Christus se heilswerk, soos dit in die voorafgaande seisoene stuk vir stuk gevier is, het implikasies vir ons betrokkenheid by die materiële, geestelike en emosionele nood in die wêreld. Koninkrykstyd herinner ons telkens aan die eenheid en interaksie tussen wat ons bely en hoe ons lewe, tussen die teks en ons konteks, tussen kerk en wêreld, tussen woord en daad. 

Kleure
Verskillende skakering van groen dui in Koninkrykstyd op lewe, groei en vooruitgang.

 

Simbole
Die sentrale simbool van hierdie tyd is dié van die kerk as 'n bootjie met 'n kruis op. Dit simboliseer die kerk as draer van die kruis in die wêreld.

 

Gebruike
Hierdie tydperk bied 'n groter ruimte en vryheid as die primêre Christelike feeste aan die Christelike geloofsgemeenskap om die kalenders van die kerk en die Koninkrykstydsekulêre wêreld met mekaar te integreer en te versoen.

 

Die teksgedeeltes van Koninkrykstyd hou verband met die tema dat Jesus die Here van alle here, die Koning van alle konings is. Die Protestantse kerke vier in hierdie tyd ook die geboorte van die Hervorming, toe Luther sy stellings vasgespyker het teen Wittenberg se kerkdeure.

 

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik skakerings van groen agtergrond en plaas 'n gedagte of teksvers wat pas by die spesifieke Sondag/week se tema.

 

Dra VrugDie vraag waarmee Christene hulle in Koninkrykstyd besig hou is: Wie moet ek liefhê?  Met hierdie vraag ontdek ons hoe ons Christus se liefde, wat ons in die eerste deel van die kerkjaar gevier het, kan uitleef. Daarom is die hart ten diepste 'n Christelike simbool.

 

Bid in hierdie tyd dat God se liefde vir ons deur ons sal gestalte kry in ons werk en woorde in die wêreld om so te Koninkryk van God reeds op aarde te laat kom.
 
Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Koninkrykstyd mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

Bronne:
1.    Preekstudies met liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Buvton/Communitas.
2.    Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.co.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 28.11.2015. www.dominee.org.za.

Lees 3808 keer Datum verander Donderdag, 15 Junie 2017 08:19
Webmeester

Webmeester: Dirk C Lourens (vdm)

Webtuiste: www.eKaya.co.za
Meer in die kategorie: « Welkom

Kalender

« November 2017 »
Ma di wo do Vry za zo
    1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30      

Top Blogs

Dirk C Lourens
28 November 2015
Kerk en Wêreld
Die eeue oue probleem van selfde-geslagverhoudinge is sterk onder die vergrootglas en word tans debatteer in baie kerke. Sommige is in angs daaroor - ander wil dit in jou keel afdruk - ander druk hul ...
Rate this blog entry:

Nuutste Gesprekke

No discussions yet.
Google+