Vinnige Vrae

FAQ's

    Hoe om die Webwerf te gebruik

    Hier probeer ons jou vrae hoe om Dominee.org.za optimaal te gebruik antisipeer en te antwoord. Indien iets steeds onduidelik is of nie verduidelik word nie kan jy jou vraag per epos stuur.

    • Waarom registreer?

      Saterdag,4 April 2015

      Registrasie dien as 'n bestuursmeganisme. Verskillende vlakke van inteken maak verskillende adfelings vir medewerkers en gebruikers oop.

      • As jy ‘n preek of artikel wil plaas, kommentaar wil lewer, stem, aan 'n forum of Blog wil deelneem of sosiaal met ander lede op die werf wil verkeer sal jy asseblief moet registreer en/of inteken.

       

      • Die Webbestuurder bepaal watter gebruiker watter tipe toegang sal hê. Wanneer jy egter registreer kry jy outomaties outeursregte en sal jy boodskappe en studies kan plaas en kommentaar kan lewer op ander boodskappe en studies.
      • Die  beperking van toegang dien ook as veiligheidsmeganisme.  Alhoewel alles moontlik word gedoen om persoonlike informasie van gebruikers te beskerm, bied die sosiale netwerk binne hierdie webwerf ruimte vir gebruikers om kontak met mekaar te maak op akademiese sowel as sosiale vlak. Wanneer jy registreer bepaal jyself hoeveel en watter inligting jy aan gebruikers bekend wil maak. Moet daarom nie vergeet om ten minste jou basiese besonderhede in "My Profiel" aan te bring nie.

       

      • Sien asseblief ook die artikel:  "Hoe moet ek registreer?"
      Hits :  75
    • Hoe om te registreer?

      Saterdag,4 April 2015
      • Jy kan op verskillende maniere registreer:

           1. Met Facebook.
           2. Met Twitter.
           3. Met Google+.
           4. Direk op die werf (epos).

      • Op rekenaars en skootrekenaars is die registrasiemodule heel aan die regterkant.

       

      • As jy dmv van jou sosiale media rekening wil registreer kan jy bloot die aangewese skakel klik en die inligting en toestemmings versoek voltooi.

       

      • As jy direk op die werf per met jou epos wil registreer dan klik jy bloot die skakel: "Nog nie 'n lid nie? Registreer".
      • ‘n Bladsy sal oopmaak waar jy basiese inligting sal moet gee soos jou naam, 'n gebruikersnaam, jou e-posadres en 'n wagwoord. Jy sal ook ons Terme en Voorwaardes moet aanvaar om met die registrasie voort te gaan. Om te verseker dat 'n mens en nie 'n rekenaarprogram probeer inteken nie, sal jy ook die lukraak gekose woorde in die CAPTCHA moet invul. Klik op die groen balkie onderaan. Onthou om jou wagwoord veilig te bewaar.

       

      • Nadat jou besonderhede aanlyn ingedien is sal ‘n boodskap verskyn wat jou versoek om jou aansoek om registrasie deur middel van jou e-pos te verifieer. Gaan na jou epos en volg asseblief die instruksies. Daarna sal jy ‘n e-pos ontvang wat jou as ‘n lid van die Dominee.org.za webwerf verwelkom. Hierna kan jy inteken soos in 'n ander artikel verduidelik.

       

      • Wanneer jy vir die eerste keer inteken sal jy op die "My rekening" bladsy beland. Jy gaan basiese inligting oor jouself asook jou kontakbesonderhede moet verskaf. Jy sal ook 'n foto van jouself kanlaai. 
      Hits :  36
    • Hoe om in te teken?

      Saterdag,4 April 2015
      • Jy kan op verskillende maniere inteken:

            1. Met Facebook.
            2. Met Twitter.
            3. Met Google+.
            4. Direk op die werf (epos).

      • Op rekenaars en skootrekenaars is die inteken/registrasiemodule heel aan die regterkant.

       

      • As jy dmv van jou sosiale media rekening wil inteken kan jy bloot die aangewese skakel klik.

       

      • As jy direk op die werf met jou epos wil inteken dan klik jy bloot die skakel: "Inteken" nadat jy jou gebruikernaam of epos en jou wagwoord ingesleutel het.
      • Klik ook in die blokkie "Onthou my" sodat jy ingeteken bly as jy tussen bladsye rondbeweeg.
      Hits :  32
    • Help, ek het my Wagwoord vergeet?

      Saterdag,4 April 2015

      Vir lede wat direk op die webwerf met hul eposse registreer het.

       

      • Die webbestuurder kan onder geen omstandighede jou wagwoord sien en aan jou teruggee gee as jy dit vergeet het nie. Jy moet daarom 'n nuwe wagwoord aanvra wat deur die outomatiese sisteem in die webwerf geskep sal word. 

       

      • Gaan na die inteken/registrasiemodule aan die regterkant.Onder die "Wagwoord" balkie verskyn die woorde: "Wagwoord vergeet?" - klik daarop.
        Jy sal 'n epos ontvang met 'n skakel wat jou sal help om 'n nuwe wagwoord te kies.

       

      • Teken in met die nuwe wagwoord. Nadat jy met die nuwe wagwoord ingeteken het, kan jy dit met jou eie wagwoord vervang as jy wil.
      Hits :  13
    • Help, ek het my Gebruikernaam vergeet?

      Saterdag,4 April 2015

      Vir lede wat direk op die webwerf met hul eposse registreer het.

       

      • Die webbestuurder kan onder geen omstandighede jou wagwoord sien en aan jou teruggee gee as jy dit vergeet het nie. Jy moet daarom 'n nuwe wagwoord aanvra wat deur die outomatiese sisteem in die webwerf geskep sal word. 

       

      • Gaan na die inteken/registrasiemodule aan die regterkant.Onder die "Gebruikernaam of epos" balkie verskyn die woorde: "Gebruikernaam vergeet?" - klik daarop.

       

      Jy sal 'n epos ontvang met jou Gebruikernaam.  

      Hits :  41

    Terme en Voorwaardes

    Jammer! Selfs hier is die kleinskrif nodig. Lees dit asseblief sorgvuldig voordat jy 'n gebruiker van Dominee.org.za word.

    • Wat is Dominee.org.za se doel?

      Saterdag,4 April 2015

      As onafhanklike joernaal op die internet wil Dominee.org.za hoofsaaklik twee doelwitte bereik:
         

      1.  Om veral aan leraars/predikante/pastore van die Christelike geloof:
           a.  Die geleentheid te bied om hul oorspronklike preekmateriaal en noue omgang met God aan die wye publiek beskikbaar/ bekend te stel vir lering, evaluering en hergebruik.
           b.  Die geleentheid te bied om kwaliteit boodskappe en studies te bekom om hul eie boodskappe en studies aan te vul vir persoonlike sowel as openbare gebruik.

           c.  Die geleentheid te bied om boodskappe en studies te evalueer en ook praktiese voorbeelde en kommentaar te bied sodat die boodskap nog meer verrykend en treffend sal wees.
         

      2.  Om aan die algemene Christelike publiek:
           a.  Toegang te verleen tot kwaliteit boodskappe en studies vir persoonlike sowel as openbare gebruik.
           b.  Die geleentheid te bied om boodskappe en studies te evalueer en ook praktiese voorbeelde en kommentaar te bied sodat die boodskap nog meer verrykend en treffend sal wees.

      Hits :  8
    • Terme en Voorwaardes

      Saterdag,4 April 2015

      Wanneer u registreer op Dominee.org.za gaan die webbestuurder en/of eienaar van die veronderstelling uit dat u die voorwaardes hieronder verstaan en onderskryf:

      Enige verwysing na Dominee.org.za hierna veronderstel ook die webbestuurder en/of eienaar(s) van Dominee.org.za.

       

      • Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webtuiste behoort aan Dominee.org.za.

       

      • Die kopiereg van enige bydraes geplaas op hierdie webtuiste behoort egter steeds aan die spesifieke leraar/outeur solank dit outentiek is.  Die leraar/outeur verstaan egter dat materiaal op Dominee.org.za gepubliseer, toeganklik is en waarskynlik in die openbaar gebruik gaan word deur Dominee.org.za se gebruikers.

       

      • Die opinie van die leraars/outeurs op hierdie webtuiste is gevolglik sodanige leraar/outeur se eie opinie en reflekteer nie noodwendig die opinie van Dominee.org.za nie.

       

      • Enige gebruiker van boodskappe en studies op Dominee.org.za word versoek om die nodige erkenning aan leraars/outeurs te gee in hul hergebruik van sodanige materiaal.

       

      • Dominee.org.za kan ongelukkig nie waarborg dat hierdie diens nie onderbreek sal word en sonder foute sal wees nie. Gebruikers van hierdie webtuiste doen so op hulle eie risiko.

       

      • Dominee.org.za neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige direkte of indirekte verlies of skade wat sodanige leraar/outeur mag lei as gevolg van die feit dat sodanige leraar/outeur se werk op die webtuiste van Dominee.org.za gepubliseer is nie.

       

      • Dominee.org.za sal die werke van leraars/outeurs publiseer op eie diskresie, en word nie die agent van enige sodanige leraar/outeur nie, en word gevolglik ook nie die eienaar van die leraar/outeur se werk nie.

       

      • Enige leraar/outeur wat werk publiseer op die webtuiste van Dominee.org.za gee toestemming aan die Dominee.org.za om gebruik te maak van sodanige materiaal op diskresie van Dominee.org.za, welke insluit die verdere publisering van werk vir doeleindes van die bevordering van sodanige werk tot krediet van die leraar/outeur.

       

      • Dominee.org.za sal nie sodanige materiaal gebruik in herverkope of vir welke rede ook al as hulle eie materiaal nie en sal  te alle tye erkenning gee aan die leraar/outeur van die gemelde werk indien sodanige werk hergebruik word.

       

      • Dominee.org.za sal sonder die toestemming van die leraar/outeur, sodanige werk mag bemark onder die naam van die leraar/outeur, ten einde die outeur verdere blootstelling te gee, vir finansiële voordeel van Dominee.org.za met geen finansiële verpligting deur Dominee.org.za teenoor die leraar/outeur van sodanige werk tensy anders ooreengekom.

       

      • Geen persoon sal geregtig wees op enige vergoeding vir die publisering van enige werk op die webtuiste of enige ander media deur Dominee.org.za nieteenstaande die feit dat sodanige werk aangewend is vir finansiële gewin van Dominee.org.za.

       

      • Sou enige outeur versoek dat die materiaal deur hom op die webwerf gepubliseer, onttrek word, moet sodanige versoek skriftelik (epos) aan Dominee.org.za gerig word.

       

      • Die besluit van Dominee.org.za met betrekking tot die publisering van werk of nie van enige materiaal is finaal.

       

      • Deur die publikasie van materiaal deur ‘n leraar/outeur op hierdie webwerf bind die leraar/outeur van sodanige werk hom-/haarself outomaties tot die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms.

       

      • Alles moontlik word gedoen om te verseker dat geen inhoud inbraak maak op die eiendomsreg van ´n ander party nie. Inhoud wat as eiendom van ´n derde party geidentifiseer word sal onmiddelik verwyder word en Dominee.org.za sal waar nodig alles moontlik doen om te help met die opsporing en vervolging van diegene wat die inhoud sonder toestemming verskaf het. Dominee.org.za sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of skade weens die plasing van sulke inhoud nie.

       

      • Dominee.org.za behou die reg voor om die naam van enige verskaffer van inhoud te publiseer.

       

      • Die bogemelde terme en voorwaardes kan van tyd tot tyd gewysig word deur Dominee.org.za, en is dit die verantwoordelikheid van enige persoon wat van hierdie webwerf gebruik maak om hom-/haarself van die terme en voorwaardes soos van tyd tot tyd aangepas, te vergewis.

       

      • Ter wille van volledigheid vergewis jouself ook met ons Verontskuldiging en Kopiereg.
      • © 2007 - 2015 Dominee.org.za  Alle regte voorbehou.
      Hits :  17
    • Plagiaatbeleid

      Saterdag,4 April 2015
      • Plagiaat word gepleeg deur die werk (woorde, idees, intellektuele of artistieke skeppinge), gepubliseer sowel as ongepubliseer, van ander persone oor te neem en aan te bied asof dit die aanbieder (skrywer of spreker) se eie is.  Onder plagiaat tel onder andere die volgende oortredings: die publikasie van ‘n ander persoon se werk, met of sonder sy toestemming, as ‘n jou eie; die woord-vir-woord herhaling of direkte vertaling van woorde of sinne uit ‘n ander persoon se werk, insluitend die werk van ‘n mede-leraar of uit klas/preeknotas sonder die nodige en korrekte erkenning en verwysing;  die aanbied van data wat deur iemand anders ontwikkel of ingesamel is sonder korrekte erkenning van die oorspronklike bron; die herhaling van ‘n ander persoon se idees in eie woorde sonder erkenning van die oorspronklike bron; onvolledige en/of inkonsekwente verwysings na bronne; die gebruik van direkte aanhalings sonder die gebruik van aanhalingstekens.

       

      • Plagiaat is 'n ernstige oortreding, wat vir die outeur/leraar ernstige gevolge kan hê, selfs skorsing uit Dominee.org.za, afgesien van moontlike kriminele of siviele optrede.

       

      • Daarom 'n ernstige versoek om nie boodskappe, studies, fotos, videos, ens. van ander webwerwe of uit gepubliseerde boeke te neem en op Dominee.org.za te plaas as dit nie jou eie produk is nie.

       

      • Ons sal poog om toestemming van ander werwe met preke te kry sodat ons skakels na hulle kan plaas. Ons gaan dus nie boodskappe en studies dupliseer as dit reeds op die internet beskikbaar is nie. Tog sal Dominee.org.za sover moontlik jou een-stop-diens vir boodskapmateriaal wil wees.

       

      • Onderaan elke boodskap of studie is daar geleentheid om jou bronne te erken. Dit is altyd goed om die outer(s)/prediker, die uitgawe jaar/datum opgetree/besoek, titel van boek/webwerf, titel van artikel/webartikel/boodskap en bladsye/internetskakel te verskaf.

       

      • Meer oor waarom en hoe om bronneverwysings te doen kan jy Wikipedia.org besoek by hierdie skakel [2015, April 04].

       

      • Gemeentes is welkom om hul leraars se boodskappe op Dominee.org.za te publiseer en dan bloot 'n skakel van hul eie webwerwe na Dominee.org.za op te stel. Epos ons indien ons jou daarmee kan help.
      Hits :  2
    • Verontskuldiging en Kopiereg

      Saterdag,4 April 2015

      Enige verwysing na Dominee.org.za hierna veronderstel ook die webbestuurder en/of eienaar(s) van Dominee.org.za.

       

      • Webgebruikers verskaf enige (persoonlik en inhoudelike) besonderhede vrywillig en op eie risiko aan Dominee.org.za.

       

      • Dominee.org.za erken webgebruikers se reg op privaatheid en is verbind tot die beskerming daarvan. Geen persoonlike inligting wat met ons gedeel word sal opsetlik openbaar gemaak word nie, met uitsondering van die klubgemeenskap (kuierplek) en artikels.

       

      • Die gebruiker stem in dat Dominee.org.za nie aanspreeklik gehou sal word vir die uitlek van persoonlike inligting nie, hetsy per ongeluk of weens die werk van kuberkrakers of programfoute nie.

       

      • Dominee.org.za aanvaar dat alle skakels wat aan die webwerf verskaf word met die goedkeuring kom van daardie spesifieke webwerf se eienaar/s. Dominee.org.za kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies weens ongemagtigde skakeling nie.

       

      • Geen Internet-skakel mag na Dominee.org.za lei sonder die skriftelike toestemming van die webbestuurder/eienaar van Dominee.org.za nie.

       

      • Gebruikers mag van tyd tot tyd elektroniese nuusbriewe, boodskappe en/of navorsingsvraelyste van Dominee.org.za ontvang.

       

      • Dominee.org.za behou die reg om enige inhoud te redigeer of verwyder sonder enige kennisgewing.

       

      • Hierdie inhoud mag alleen vir persoonlike en nie-kommersiële doeleindes afgetrek word. Die herpublisering of hergebruik van die inhoud sonder vooraf toestemming van Dominee.org.za is streng verbode.

       

      • Ter wille van volledigheid vergewis jouself ook met ons Terme en Voorwaardes.

       

      • © 2007 - 2015 Dominee.org.za  Alle regte voorbehou.
      Hits :  5
    • Geloofsverklaring

      Saterdag,4 April 2015

      1. Grondslag

      • Die Apostoliese Geloofsbelydenis.

      Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
      En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
      Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.

       

      • Latyns:

      Credo in Deum, Patrem omnipotentem, Creatorem caeli et terrae.
      Et in Iesum Christum, Filium eius unicum, Dominum nostrum: qui conceptus est de Spiritu Sancto, natus ex Maria Virgine, passus sub Pontio Pilato, crucifixus, mortuus, et sepultus, descendit ad inferos, tertia die resurrexit a mortuis, ascendit ad caelos, sedet ad dexteram Dei Patris omnipotentis, inde venturus est iudicare vivos et mortuos. Credo in Spiritum Sanctum, sanctam Ecclesiam catholicam, sanctorum communionem, remissionem peccatorum, carnis resurrectionem, vitam aeternam.
         
      2. Beginsels

      • Die Bybel is die enigste onfeilbare, gesaghebbende en geïnspireerde Woord van God
      • Daar is een God wat ewig in drie persone is: Vader, Seun en Heilige Gees.
      • Ons Here Jesus is God en mens in een persoon. Hy is gebore uit ‘n maagd, was sonder sonde, het wonders gedoen, het plaasvervangend deur Sy bloed en dood versoening gedoen vir die sonde. Hy het liggaamlik opgestaan uit die dood. Hy het opgevaar na die regterhand van God die Vader en sal persoonlik weer kom in krag en heerlikheid.
      • Die nuwe geboorte deur die Heilige Gees is absoluut noodsaaklik vir die verlossing van die verlore en sondige mens.
      • Die ewige lewe word deur geloof ontvang - dit wil sê, vertrou in Jesus Christus alleen vir redding.
      • Die Heilige Gees woon in alle gelowiges en stel hulle in staat om ‘n godvrugtige lewe te lei.
      • Beide verlostes en verlorenes sal opgewek word uit die dood; dié wat gered is tot die opstanding van die lewe, en dié wat verlore is tot die opstanding van die veroordeling.
      • Daar is geestelike eenheid van alle gelowiges in Jesus Christus.
      • Die plaaslike gemeente is die primêre Godgegewe basis vir evangelisasie in die wêreld.
      • Elke gelowige ontvang die opdrag van Christus om die evangelie aan die hele mensdom te verkondig en dissipels van alle nasies te maak.


      3. Kerke- en Geloofgroepe
      Dominee.org.za is toeganklik vir enige Christelike kerk of Christelike geloofsgroep wat hul kan vereenselwig met bogenoemde Grondslag en Beginsels.

      Hits :  0
    • Hoe word my privaatheid beskerm?

      Woensdag,6 Februarie 2019

      EziWeb.co.za built the Dominee.org.za website as a free service. This SERVICE is provided by eKaya Web Services cc at no cost and is intended for use as is.
      This page is used to inform website visitors and website users regarding our policies with the collection, use, and disclosure of Personal Information if anyone decided to use our Service.

      If you choose to use our Service, then you agree to the collection and use of information in relation to this policy. The Personal Information that we collect is used for providing and improving the Service. We will not use or share your information with anyone except as described in this Privacy Policy.

      Information Collection and Use
      For a better experience while using our Service, the website may require your online device to provide access to certain personally identifiable information, including (in the case of Android) access to device accounts, contacts, location (GPS and network-based), phone call logs, photos/media/files, camera-function and microphone. The information that the website request is retained on your device and is not collected by us in any way. The Dominee.org.za website requests access to this information simply because the technical framework on which it is built, includes unused functionality that might require access to this information. Even though the Dominee.org.za website has access to this information, it does not utilise it in any way or transmit it to any party.

      Log Data
      We want to inform you that whenever you use our Service, in case of an error in the website, we collect data and information (through third-party products) on your phone called Log Data. This Log Data may include information such as your devices’ Internet Protocol (“IP”) address, device name, operating system version, configuration of the website when utilising our Service, the time and date of your use of the Service, and other statistics.

      Cookies and Google Analytics
      Cookies are files with small amount of data that is commonly used as an anonymous unique identifier. These are sent to your browser from the website that you visit and are stored on your devices’ internal memory.

      This service does not use these “cookies” explicitly. However, the website may use third-party code and libraries that use “cookies” to collect information and to improve their services. Specifically, the website may employ Google Analytics, a third-party service which collects anonymous traffic data about users of this SERVICE and visitors to the accompanying website. This anonymous traffic data includes, but is not limited to:

      • Your IP address
      • Operating System version
      • Device model
      • Session duration
      • Pages visited

      Service Providers
      We may employ third-party companies due to the following reasons:

      • To facilitate our Service;
      • To provide the Service on our behalf;
      • To perform Service-related services; or
      • To assist us in analysing how our Service is used.

      We want to inform users of this Service that these third parties do not have access to your Personal Information.

      Links to Other Sites
      This Service may contain links to other sites. If you click on a third-party link, you will be directed to that site. Note that these external sites are not operated by us. Therefore, we strongly advise you to review the Privacy Policy of these websites. We have no control over and assume no responsibility for the content, privacy policies, or practices of any third-party sites or services.

      Children’s Privacy
      This Service does not address anyone under the age of 13. We do not knowingly collect personal identifiable information from children under 13. In the case we discover that a child under 13 has provided us with personal information, we immediately delete this from our servers. If you are a parent or guardian and you are aware that your child has provided us with personal information, please contact us so that we can take necessary actions.

      Changes to This Privacy Policy
      We may update our Privacy Policy from time to time. Thus, you are advised to review this page periodically for any changes. We will notify you of any changes by posting the new Privacy Policy on this page. These changes are effective immediately after they are posted on this page.

      Contact Us
      If you have any questions or suggestions about our Privacy Policy, do not hesitate to contact us.

      Hits :  0
Google+